Thursday 22 April 2010

Waarvoor belasting betaal?

Boere is self verantwoordelik dat plase onveilig is, en boere steel hulle eie vee. Dit is die jongste in die deurlopende stroom van beskuldigings wat boere ten laste gelê word deur die ANC-bewind. Maar hierdie stelling is seker een van die mees belaglike, arrogante en ongevoelige uitsprake waarmee die ANC nog vorendag kon kom, en dit nogal in ‘n portefeuljekomitee in die parlement.
Die parlement is juis die land se hoogste liggaam, wat moet toesien dat die land ordelik bestuur word, en dat die landsburgers in vrede EN veiligheid leef. Heel duidelikheid is daar van beide nie veel oor nie. Volgens die getuienis van talle motoriste wat gister in en om Pretoria geteister en gedreig is deur stakende minibus-taxi-eienaars, was daar geen sprake van vrede of veiligheid nie. En met sowat twee duisend boere wat al op hulle plase vermoor is in ongeveer twaalf duisend plaasaanvalle, is daar geen sprake van veiligheid nie. As boere dan daardie onrusbarende feit onder die aandag van die owerhede bring, word hulle afgelag.

Die ANC-bewind kla dat boere nie by die plaasvervanger van die kommandostelsel, naamlik die sektor polisiëring, betrokke raak nie. Eerstens kan boere net betrokke raak by iets wat werk, en waar hulle verwelkom word as deel van die oplossing, en waar hulle nie as die probleem uitgekryt word nie. Talle boere was bereid om reserviste te word, maar aansoeke vir reserviste is of nie aanvaar nie, of het weggeraak, of is eenvoudig nie verwerk en afgehandel nie.

Die ANC het weer eens met beskuldigings gekom dat boere hulle plaaswerkers mishandel en onwettige immigrante gevange hou. Die feit is egter dat boere en hulle arbeiders erg op mekaar aangewese is, en daarom is daar tussen hulle oor dekades heen juis besonder goeie verhoudinge opgebou. Dit is egter sedert die inmenging van vakbonde, veral op die jonger garde, dat hierdie verhoudinge versuur het. Maar weer eens kom die ANC met algemeenhede en vaaghede, en lê geen enkele bewys neer om dit te staaf nie. En weer eens gaan die boodskap na plaaswerkers uit dat hier deur die bewindhebbers by voorbaat ‘n regverdiging geskep word vir wat ook al kan gebeur.

Die feit is dat die ANC-regering geen verantwoordelikheid vir enigiets aanvaar nie, nie eens vir die plig wat sy eie Grondwet hom oplê om toe te sien dat elke landsburger in vrede en veiligheid kan werk nie. Maar daardie selfde ANC-lede wat boere nou uitskel en in `n swak lig probeer stel, wil wel elke aand met ‘n vol maag in die bed klim, voorsien met kos wat daardie selfde boer vir hom moet produseer. En verder moet die boere maar sien kom klaar. Hy betaal net soveel belasting as enige ander landsburger. Maar hy kry daarvoor net mooi niks nie, behalwe stank vir dank. Waarom sal boere nog belasting betaal, is die vraag wat onwillekeurig ontstaan?

As die arbeiders dan so sleg behandel word, waarom gaan hulle dan nie weg by die boer nie? Waarom gaan staan hulle dan nie by hulle wonderlike regering bakhand nie, in die toue vir maatskaplike- en werkloosheidstoelaes? Want hulle wéét die boere sorg beter vir hulle as hulle eie regering! TLU SA het al aan die hand gedoen dat boere maar moet kyk na meganisering of ander arbeid om sodoende van hierdie probleme ontslae te raak. Dan moet die ANC nie tjank nie, want hy krap gedurig waar dit nie jeuk nie.

As landbou-unies dan selektief genooi word om die portefeuljekomitee in te lig oor hulle probleme (in die geval waarna ons verwys was Agri SA daar, terwyl TLU SA nie genooi is nie) en hulle word uitgelag en verneder, word dit duidelik dat daardie kanaal ook geen opsie meer is nie. Dalk moet boere tog weer begin kyk na moontlikhede van voedsel- en belastingweerhouding. Maar ook dit kan net ‘n tydelike maatreël wees.

Solank ook die boere onder ‘n volksvreemde en volksvyandige bewind staan, sal hierdie probleme bly voortduur. Uiteindelik sal ook die boere die beste daaraan toe wees in ‘n eie land, onder ‘n eie republikeinse regering wat besef wat die waarde van die boere en hulle bydrae tot voedselsekerheid is.

1 comment:

Lou said...

"As landbou-unies dan selektief genooi word om die portefeuljekomitee in te lig oor hulle probleme (in die geval waarna ons verwys was Agri SA daar, terwyl TLU SA nie genooi is nie)..... "

Weer word die indruk deur die kommunistiese ANC regime gelaat dat net diegene wat 'n bydrae tot hulle agenda kan lewer, genooi sal word. Ek verneem dat die "ou" wat Agri SA se saak moes stel, druipstert daar weg is. Glo aardig bedroef!

Nou weet ons ook dat Agri SA maar net die ou NP Verraaiers se front organisasie was/is. Derhalwe kan die Boer sekerlik niks konstruktiefs met betrekking tot ons saak van hulle verwag nie. Baie duidelik dan waarom Agri SA genooi is, maar nie TLU SA nie.

Kom ons sê dit maar. Die TLU is te BOER! ... en sal nie die baster terroris/kommunis toelaat om met sulke leuens punte teen ons mense aan te teken nie.

Byt vas! Ons vryheid kom .... VERSEKER!