Monday 19 April 2010

Afrikaans in ver-linkse politiek getrek

Twee geleenthede waar Afrikaans as tema gedien het, het die naweek plaasgevind.

Die eerste was die jaarlikse Veertjie-toekennings van die ATKV, waar persoonlikhede in die Afrikaanstalige media vereer is. Soos gewoonlik was dit die tradisionele mediagroepe soos Media 24 en SAUK wat met feitlik alle toekennings weggestap het. Tydens van die kommentare wat van die pryswenners na die tyd gelewer het, het enige spreker van algemeen beskaafde en suiwer Afrikaans homself die vraag gevra hoe so ‘n persoon so ‘n toekenning kon kry, want die gebrabbel wat in sommige gevalle gehoor is, het wel bepaalde herkenbare Afrikaanse woorde voortgebring, maar dit was so deurspek met ander volksvreemde klanke, dat dit in geheel tog nie meer as Afrikaans beskryf kan word nie.

Skynbaar het die ATKV ook nog nie kennis geneem nie van die talle gemeenskapsradiostasies wat dit juis ten doel stel om Afrikaans in sy suiwere vorm te beskerm en te bevorder. Wat moeite doen om selfs nuwe Afrikaanse woorde te vind sodat ons taal verryk word met nuutskeppings, en nie vervlak deur die klakkelose oorname van volksvreemde woorde, terme en slagspreuke ter wille van gemak of politieke korrektheid nie.

Daarenteen was die funksie van die sogenaamde Forum vir Swart Afrikaanses in die Kaap gekenmerk deur uitstekende grammatikale taalgebruik, alhoewel dit duidelik hoorbaar was dat daardie Swart Afrikaanses Afrikaans nie as normale spreektaal besig nie. Trouens, baie van hulle praat Afrikaans nie tuis nie. Ons het geen rede om te vermoed dat die ANC se Trevor Manuel tuis in Afrikaans kommunikeer met sy Maria Ramos nie.

Heel duidelik is hier ‘n poging om Afrikaans vierkantig in die ANC se ver-linkse politieke arena in te trek, en om juis nou, in ‘n tyd van rasse verdeeldheid, ‘n nuwe kunsmatige brug te bou, naamlik deur die taal.

Die feit dat die forum die naam “Swart” in sy opskrif het, wys dat hulle nie besig is met sogenaamde nasiebou of versoening nie. Nee, soos hulle ons plek- en straatname van ons geroof het, is hier ‘n duidelike poging om ook ons mooie Afrikaanse taal van ons weg te roof, en dit onder ‘n swart en ver-linkse sambreel te plaas.

Ons het mos al gesien wat beteken die woord “swart” in ANC-terme? Swart ekonomiese bemagtiging, beteken diskriminasie teen bekwame blanke werkers. Die Swart regslui vereniging, is hatig teen blanke regslui. Die swart redakteursforum, probeer so ver moontlik afstand hou van blanke joernaliste, en so kan ons maar al die swart instansies en forums opnoem. Daarom verwag ons presies dieselfde optrede van die Forum vir Swart Afrikaanses.

Ons sal egter moet waak dat ons nie in hulle strik gaan trap, en ter wille van die Afrikaanse taal, ons gaan laat insluk by hulle swart nasieboupogings nie. Hulle sĂȘ juis dat Afrikaans nou versoening gaan bewerkstellig. Die feit dat hulle Afrikaans praat, maak nie van hulle Afrikaners nie. Die Afrikaanse taal het uit die Boere- of Afrikanervolk ontstaan, en is deur daardie volk ontwikkel tot wetenskaps- en akademiese taal. Dit is juis die Afrikanervolk wat vandag die taalvegters is teen die Engelse alleenoorheersing in ‘n sogenaamde meertalige land. Nie alle sprekers van ‘n taal kan dadelik aanspraak maak op volkskap van die eienaar van die taal nie. In Europa praat baie mense Duits, maar nie almal is Duitsers nie. Baie van ons mense praat Zoeloe, maar is daarom nie Zoeloes nie. Daarom is die Forum vir Swart Afrikaanses hoegenaamd nie verbindbaar met die Afrikanervolk nie. Hulle poog om ons taal van ons te vervreem en te beroof, hulle is nie Afrikaans moedertaalsprekers nie, is baie naby aan die ANC geposisioneer, en daarom nie ons vriende nie, maar waarskynlik taalwolwe in skaapsgewaad wat die taal in die ver-linkse politieke arena wil trek, en verkieslik ons daarmee saam. Laat ons dus maar lig loop en ons nie laat flous deur hulle netjiese taalgebruik nie.

Laat dit ons eerder aanspoor om ons taal nog meer suiwer te hou.

No comments: