Saturday 31 May 2008

Mbeki se brief !

Dit is vir my so mooi dat die wolf nou nie meer pas in die skaap kleure nie ! So kom die ware kleure na vore en so word die liberale wereld gedwing om sy oog klappe af te haal.

Hou jou neus uit Afrika! Dit is myne!
(Artikel in die Beeld - Mei 29 2008)

Washington. – Pres. Thabo Mbeki stel in ’n brief van vier bladsye aan pres. George W. Bush dit duidelik die VSA “moet sy neus (uit Afrika) hou, en dat Afrika aan hom (Mbeki) behoort”.

In die brief “vol uitroeptekens”, kritiseer Mbeki ook die VSA omdat hy kant kies teen pres. Robert Mugabe se regering en nie die mening van Zimbabwe se mense re-spekteer nie.
Die brief is deur mnr. Michael Gerson, Bush se oudhooftoespraakskrywer en beleidsadviseur, in sy rubriek in The Washington Post onthul. Hy haal anonieme Amerikaanse amptenare aan wat onder meer sê: “Mbeki het kop verloor, dit was verregaande.”

Die brief is einde April aan die Withuis gerig en volgens ’n amptenaar het Mbeki dit duidelik gestel Zimbabwe “is nie ons besigheid nie en ons moet ons neus (uit Afrika) hou, en dat Afrika aan hom behoort”.

Die rubriek getiteld “The despots democracy” dui aan hoe Suid-Afrika ’n bespreking oor die menseregtevergrype in Zimbabwe in die Verenigde Nasies (VN) gesmoor het, asook oor Belarus, Kuba, Noord-Korea en Oezbekistan.

Suid-Afrika is ook die enigste ware demokrasie wat gestem het teen ’n resolusie om te eis dat die Birmaanse junta die etniese suiwering stop en Aung San Suu Kyi vrylaat.

Die Withuis het by navraag aangedui hy sal later op die brief reageer. Luidens berigte sal Bush wel Mbeki se brief beantwoord. Die Suid-Afrikaanse ambassade in Washington was by navraag nie bewus van die brief nie, maar sal ook later reageer.

Gerson sluit sy rubriek af met die stelling dat die debat oor Suid-Afrika se rol in Zimbabwe die volgende vraag dwarsdeur Suidelike Afrika uitklaar: “Het revolusionêre partye in die streek geveg vir bevryding of vir vryheid?

“As dit slegs was vir die bevryding van Westerse imperialisme, dan het bejaarde despote van onderdrukkende regerende partye ’n aanspraak op die mag.

“Maar as dit vir vryheid was, dan moet diegene wat vir vryheid in Zimbabwe gewerk het ook hul aandeel kry. Sover het Suid-Afrika – van alle plekke – kant gekies saam met die despote.”