Tuesday 10 July 2012

My Volk

Ek sit en kyk terug na ons volk, ek kyk terug na ‘n eens trotse volk wat telkemale uit die as opgestaan het deur die genade van ons almagtige God. Na ‘n volk wat nog nooit geskroom het om hard te werk en uit niks baie te maak nie! Ek kyk terug na ‘n God vresende volk met diep spore in die suider punt van afrika, ek kyk terug na ‘n trotse volk, ‘n sterk volk, ‘n gelowige volk!

Dan laat sak ek my kop in bittere skaamte, hoe kan dit wees dat die eens trotse, God vresende boere volk so geval het. Ons kon gaan van skamele vlugtelinge na ‘n magtige volk en dan verander in ‘n rug graadlose massa wat op ons knieë rondkryp voor die vyand, die bose! Ons kon die wêreld afjak met trotse God vresende luiers soos Paul Kruger en Hendrik Verwoerd en onself suksesvol regeer tot die misnoë en jaloesie van die wêreld en dan alles vertrap en weg gooi in ‘n oog wink met die referendum. Ons volk is gebou uit bloed, bloed van kinders, bloed van vrouens, bloed van mans en belangrikste van alles, bloed van ons Jesus Christus!

Ontelbare lewens is verloor, pryslose opofferings gemaak vir die vorming van ons volk! Waar sit ons nou? Ons het talle verdedigende oorloë gevoer, ons het talle toegewings gemaak vir ons volk se behoud. Ons was ‘n stralende voorbeeld vir God almagitg en het ‘n groot deel van donker afrika omskep in ‘n welvarende staat wat na ALMAL se behoefdes voorsien het. Ons het met die ware betekenis van die woorde, afrika suksesvol getem. Nie met geweld, nie met geld maar met God se genade en harde werk. As ‘n volk was ons so suksesvol met die ontwikkeling van Suid-Afrika dat selfs die mees geharde vyand ‘n duidelike onderskeid getref het tussen afrika en Suid-Afrika. Daar was van die trotse land gepraat as ‘n kontinent op sy eie, asof die grense ‘n 1000 oseane was tussen ons en die res van afrika! Nou is daar nie meer onderskeid nie, die vlak van verval het so ‘n donker punt bereik dat ons nie eers meer weet wat ‘n grens is nie. Die verval is so uniek in sy eie reg dat dit ‘n nuwe trappe van vergelyking tot lewe geroep het … Suid-Afrika, Nuwe Suid-Afrika, Afrika

Die oorgawe was so absoluut dat dit selfs op ons eens trotse monumente wys in die vorm van verval en nalatigheid. Wat het van ons geword, wil ek weet met trane in my oë. Ons kyk toe hoe ons historiese erfdeel verkrag word met die verandering van trotse geskiedkundige name na die van die vyand sin, sonder om eers een vinger te lig. Ons kyk toe hoe ons vrouens en kinders wreed verkrag en vermoor word, sonder om weereens ‘n vinger te lig. Ons kyk toe hoe ons eie godsdiens teen ons verdraai word en die heilige woord van God geskend word sonder om eers te frons! Ek kan myself nie kry om eers my kop te lig nie. Ek kan myself nie eers kry om my kinders in die oë te kyk nie. Ons kyk toe hoe ons volk verarm en verhonger tot geraamtes sonder om weereens iets te doen. Sies my Volk! Waar is jou trots?

Elke generasie is geregtig op sy erfdeel MAAR in dieselfde asem is elke generasie verantwoordelik van die nalatingskap van ‘n erfdeel vir die volgende een! Ek het toegekyk hoe my ouers se generasie God se liefde prys gegee het vir plesier, hoe respek en dankbaarheid verander het in gulsigheid en selfsug. Ons erfdeel is dit wat ons nou sien, dit is nie mooi nie, dit is nie altyd regverdig nie maar dit bly ons erfdeel. Net soos ons voorouers die strydbyl moes optel om ons te vat waar ons nou is moet ons die strydbyl optel om ons te vat na waar ons moet gaan. Word wakker my Volk, staan op en span die juk in want hoe langer ons vir die juk kyk hoe swaarder word dit! Word deel van volkseie organisasies, skenk tyd en hulp aan ons weerloses, werk hard en gee ons kinders weer ware leiding in die woord van God en belangrikste van alles … gaan op jou knieë en pleit vir God se vergifnis! Ons grootste verraad was en sal altyd wees teenoor ons almagtige drie-enige God! Ek pleit by jou my volksgenoot, help my in ons stryd want die vyand is slinks en sterk maar nie so sterk soos wat ons gely word om te glo nie. Wanneer ons saam staan onder God se beskermende hand kan niks en niemand ons oorwin nie en al wat dit vat is vir jou, my volksgenoot om op te staan en die juk te help dra!