Monday 18 February 2008

Die Ironiese Waarheid


Ekskuuste dwarsboom ontwikkeling

"Hoekom het jy die miljoen rand gesteel?"
"Ek was honger!"

So lui 'n stokou grappie waaroor middeljariges van vandag destyds in hulle kindertyd gelag het - min vermoedend dat hierdie situasie nog in hulle leeftyd 'n werklikheid sou word.

Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was.

Laat ons dus maar vandag oor 'n paar sake reguit praat:

'n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie - jy steel omdat jy skelm is. Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die Boerevolk na die Tweede Vryheidsoorlog nie.

Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer - uitgehonger, hartseer en verpletter.Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie.

Hulle het hard geleer, hulle eie CNO-skole gestig en uiteindelik bo uitgekom sodat die Boerevolk vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.

'n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie - 'n mens moor omdat jy 'n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Boere-mynwerkers absoluut geen regte gehad het nie en moes hulle gesinne met minder as 'n hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie.

'n Mens word nie 'n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. 'n Mens word 'n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Boerevolk na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie - ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.

En elke ding wat ons het, het ons verwerf - apartheid het nooit plase en poste en posisies aan Boeremense uitgedeel nie.

As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk 'n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in.

En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself 'n toekoms los te spook.

Alle eer aan die enigste en ware God dat hy ons so sterk gemaak het en dat ons deur Sy leiding kon opstaan waar ander nasies gevaal het.

Mag die Boerevolk weer sy pad vind na God en opstaan vir dit wat ons voor ouers vir ons met bloed en sweet betaal het !

1 comment:

Ivan said...

Ek is bly omte sien my volk het belang stelling in wat gebeur met sy eie mense en dat daar nog volks eie is daar buite wat nie bang is om oor die sake te praat nie en selfs sal opstaan vir wat reg is en nie meer sal mee gee nie maar begin terig veg aan die bose kragte wat ons as volk wil uitroei
en ek is trots omte se dat my broer een van daai mense is.