Sunday 24 February 2008

‘Boeremag’ kwaadwillig verpes in die tronk


Dit laat my dink aan Karel Marx se boek, vir die wat nie weet wie hy is nie, hy is die vader van kommunisme. Ons mense word uitgesonder in die tronke en dan verneder, behalwe dat hulle al letterlik jare in die tronk sit met 'n hofsaak wat miljoene kos en nêrens heen gaan nie moet hulle nou verneder word ook. Die kaffers is bang vir ons, baie baie bang dis hoekom hulle die arme Boeremag lede so in die tronk hou, hulle weet en ons weet hulle sal nooit die hofsaak wen in 'n ware demokratiese hof nie nou rek hulle dit uit net om die manne agter tralies te hou en ons bang te maak. Die finansiele implikasies pla hulle ook nie want hulle kan hierdie onderdrukking toepas nie met hulle geld nie maar met ons geld want hulle beteken minder as niks as dit kom by belasting nie. Ons moet vir hierdie Boeremang lede bid sodat God sy beskermende hand oor hulle hou, al het hulle dit swak beplan en toegepas het hulle nogsteeds die moed gehad om op te staan vir ons nasie. Dis tyd dat ons nou ook ons lafhartigheid laat staan en opruk teen die vernieteging van ons Godsdiens, Nasie, Taal & Kultuur !

Dertien vermeende Boeremaglede wat in die C-Max-tronk aangehou word, word “kwaadwillig verpes” deur bewaarders en polisielede.

Só sê dr. Lets Pretorius en sy vrou, Minnie, nadat beamptes van die departement van korrektiewe dienste (DKD) koerantpapier van vensters afgeruk het wat vermeende Boeremaglede die afgelope drie jaar daar plak om die skerp gangligte te demp. Die DKD het hulle verbied om weer papier op die vensters te plak.

Dié oop vensters bring mee dat vroulike bewaarders direk kan insien as die mans hul toilette gebruik. Dit het dr. Johan Pretorius en sy broer, Wilhelm, genoop om ’n dringende bevel in die Pretoriase hooggeregshof teen die DKD te kry waarin beveel word dat hulle toegelaat word om die vensters weer toe te plak. Die DKD beweer die toeplak van vensters hou ’n veiligheidsrisiko in, maar kon nie redes gee waarom dié risiko nou ontstaan het nie. “Dié vensters was toegeplak toe mnr. Ngconde Balfour, minister van korrektiewe dienste, die selle vroeër besoek het en dit was nooit ’n probleem nie,” sê Lets Pretorius. Verlede maand het bewaarders ook springtoue afgevat waarmee vier van dié mans in die gange oefen. “Niemand het hulle kwitansies gegee vir die springtoue waarop beslag gelê is nie. Dit is niks anders as diefstal nie,” sê Lets Pretorius.
Die bewerings is die nuutste van ’n rits klagtes wat vermeende Boeremaglede teen óf bewaarders óf polisielede ingedien het sedert hulle in 2002 aangekeer is.

Hoewel die polisie elke keer verklarings oor die beweerde voorvalle afgeneem het, het die staat telkens geweier om te vervolg. Lets Pretorius sê hy het vroeër ’n ernstige rugbesering opgedoen en moes tien dae gehospitaliseer word nadat ’n polisielid hom in ’n polisievoertuig ingeruk het. Van dié klag het ook niks gekom nie. Die afgelope week het vermeende Boeremaglede by regter Eben Jordaan gekla dat die DKD nog nie uitvoering gegee het aan sy opdrag dat toesluitkassies vir hulle aangebring word om geprivilegieerde dokumente toe te sluit wanneer hulle hof toe gaan nie.

“Een van die bewaarders het vir my gesê: “Wie is die hof? Hier is ons die baas,” sê mev. Pretorius. Volgens haar word vermeende Boeremaglede se tronkselle tot twee keer per week deurgesoek. Lets Pretorius sê ’n meeluis-tertoestel is in sy tronksel gevind voordat hy vroeër op borgtog vrygelaat is. “Voor dit het ek een dag vir my medebeskuldigde, mnr. Mike du Toit, vertel ek het papiere in my boks Weetbix versteek. Daardie aand het ek besluit om die papiere elders te bêre. Net die volgende dag is my sel deurgesoek en is my Weetbix, wat met al die vorige deursoekings onaangeraak gelaat is, een vir een deurgesoek,” sê Lets Pretorius.
Vermeende Boeremaglede moes vroeër herhaaldelik die hof nader om die DKD onder meer te beveel om luidsprekers wat Metro FM uitsaai in hul tronkafdeling af te skakel, hulle in dieselfde tronk aan te hou en geriewe beskikbaar te stel waar hulle mekaar kan konsulteer.

No comments: