Wednesday 14 September 2011

Dr. HF Verwoerd: 8 September 1901 - 6 September 1966

Elke 6 September herdenk die Afrikanervolk die moord op dr. Verwoerd in 1966 in die Volksraad. Elke 6 September staan die volk, minstens in sy gedagtes, 'n oomblik stil by die vernielde graf in Kerkstraat-Wes, in nagedagtenis van hierdie volksleier wie se gestalte, soos die tyd verbygaan, al groter word. En, soos die tyd verbygaan. word dit duidelik dat, na die mens gesproke, die toekoms van die Afrikanervolk laas in hande van Hendrik Verwoerd werklik veilig was. Hy is inderdaad in 1966 doelbewus doodgemaak in die nastreef van die groot ideaal wat Lord Alfred Milner al in 1904 gestel het: “ .... to wipe out all traces of Arikanenism."

So gesien was dr. Verwoerd, net soos pres. Paul Kruger, 'n Afrikaner martelaar wat uitgewis moes word omdat hy vir die Afrikanervolk 'n tuiste in Suid-Afrika wou bou. Dit het hy immers duidelik uitgespel in. sy koers bepalende toespraak van 20 Mei 1959 waar hy die keuse tussen 'n rasvermengde Suid-Afrika of, aan die ander kant, 'n blanke Suid-Afrika gestel het. Met daardie toespraak het hy vierkantig in die pad gestaan van daardie mense en magte in Suid-Afrika en elders wat die bodemrykdomme van Suid-Afrika hoofsaaklik vir eie voordeel wou benut. Dr Verwoerd het, soos pres. Paul Kruger, gekies vir die bevoordeling van die Afrikanervolk bo die selfsugtige eise van 'n handjievol super-rykes

Destyds is dr. Verwoerd en sy Afrikaner-ondersteuners in die koerante van die mynmaatskappye en die super-rykes, aangeval en voorgehou as die uitvaagsels van die wêreld, die barbare en onbeskaafdes, vir wie daar eintlik nie 'n plek op die aardbodem behoort te wees nie. Daarom moes niemand ook ontsteld wees as hulle uitgewis word nie. Ons ken die verhaal. Dit was maar ‘n variasie van die propaganda wat gebruik is om die oorlog ter wille van die goud van die Witwatersrand in 1899 - 1902 te regverdig. Terse1fdertyd het daardie selfde magte vanaf die 1960's elke struktuur wat die Afrikanervolk gebou het om homself te beskerm, gerysmier en ondergrawe deur die knegte van die super-rykes

As so, op hierdie dag, ver en wyd teruggedink word, blyk dit telkens weer en weer dat dr Verwoerd die groot draer en beliggaming van die Afrikaner ideaal was. Vanaf sy toetrede tot die openbare lewe in die dertigerjare om die Afrikaner-armblanke-vraagstuk aan te spreek was hy die Ieier wat die "Pad van Suid-Afrika"geloop het ....

Hy was, as koerantman in Johannesburg vanaf 1937 en as politieke en kulturele Ieier in die veertigerjare alreeds eiesoortig uniek omdat hy so duidelik en beredeneerd die koers vir sy mense aangedui het. En die Afrikanervolk het hom gehoor en sy stem en sy leiding gevolg .... dink maar terug aan die reuse-opkomste tydens sy veldtog wat voorafgegaan het aan die stigting van die Republiek in 1961, en die groot volksaamtrek op Monumentkoppie in Pretoria by die vyfjarige herdenking van die ontstaan van die Republiek in 1966

Soos ná die Engelse oorlog, soos tydens die vorige Wêreldoorlog en soos tydens elke krisis is ons volk mos geneig om onder maksimale druk uitmekaar te spat en dan eers weer later te hergroepeer. Terwyl dit gebeur, soos in ons dae, is dit nodig en verhelderend om sorgvuldig en nadenkend weer 'n slag op Verwoerd se spoor te loop. Hy het ons tradisionele pad duidelik met 51 toesprake en sy voorbeeld uitgestippel, hy het die Christelike nasionale koers vir ons tyd weer oop gedink

Hier, aan die begin van September wanneer ons as volk dr. Verwoerd se enorme politiek-kulturele en geestelike erfenis in groot dankbaarheid, in oënskou neem. is dit nodig om onsself daartoe te verbind om ons weer daarin te verdiep en om juis, by die bestudering van dr. Verwoerd se nalatenskap, ons denke en visie te slyp en te verhelder vir die taak wat voor ons staan. Dit is nodig, want met die Verbond van die Burgers van 1880 op Paardekraal het die vadere belowe om "het erfpand der vaderen ongeschonden aan onze kinderen over te leveren". Ons wat vandag moet koers hou, kan nie minder doen nie. Juis daarom is dr. Verwoerd se geestelike erfenis nie net koersaanduiding nie, maar ook 'n blywende inspirasie

No comments: