Tuesday 4 March 2008

Ken jy regtig die Vierkleur


Ek het besluit om so 'n kort geskiedenis van die ontstaan van die Vierkleur op te sit want baie min mense weet waar die trotse Boere vlag ontstaan het. Geniet dit !


Die Vierkleur

Die Transvaalse Vierkleur is deur ds Dirk van der Hoff ontwerp. Die vlag is die eerste keer op 6 Januarie 1857 in Potchefstroom en op 23 Februarie 1857 in Pretoria gehys. Op 18 Februarie 1858 bet die Volksraad die Vierkleur tot die amptelike vlag van die Zuid-Afrikaanse Republiek verklaar. Nadat die Boere besluit het om die Britte uit Transvaal te verdryf, is Heidelberg tot tydelike hoofstad verklaar en is die Vierkleur weer op Geloftedag van 1880 daar gehys. Die Eerste Vryheidsoorlog het gevolg en onder die Vierkleur is die Boerevolk tot 'n ware volk in 'n eie vrye Republiek gesmee. Roemryke oorwinnings is behaal en wêreldwyd het die Boere en hul vlag bekendheid verwerf. Die wêreldberoemde Vrystaatse Boeregeneraal, Christiaan de Wet het ook in hier die oorlog onder die Vierkleur geveg. Die Union Jack het naamlik die Vierkleur die stryd aangese. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) was die Vierkleur weer die vryheidsvaandel. Onder hierdie vlag is die magtige Britse Ryk, ten aanskoue van 'n ganse wêreld, deur die Boere by ondermeer Coleriso, Spioenkop, Magersfontein, Sannaspos en Stormberg verneder. Op 31 Mei 1902 is die Vierkleur en die Vrystaatse vlag gestryk, maar hulle bly steeds simbole van 'n roemryke stryd en die volk se onblusbare strewe na vryheid in 'n eie vrye Boerevolkstaat

No comments: