Monday 3 March 2008

AWB weer op die been

Nou hier is vir jou 'n interessante ontwikkeling, as jy die geskiedenis dop hou sal jy sien dat in tye van wanorde en nood wend die mens hom altyd na die regterkant en siedaar. Die AWB was afgetakel tot op die grond en afgelag vir hulle voorspellings en wat nou.

Ek herken dan Eugene Terre’Blanche bietjie hand uit geruk het maar hy is nou 'n ander man na die kaffer sisteem hom beet gekry het en dit wil vir my lyk na 'n beter man.

Dit kom stadig maar ek sien die Boere nasie opstaan, ons het 'n sterk Godsvresende leier nodig in die tyd van nood en wie weet, Eugene is dalk ons man. Ek het persoonlik sy toepsraak geluister by 'n Verootmoedigings dag ,waar die gewilde Steve Hoffmeyr hom nie vinnig genoeg uit die voete kon maak nie want hy stel net belang in die aardse, en dit was 'n kragtige Godsdienende boodskap gewees. Ek persoonlik is verheug dat die AWB weer na vore kom om vir ons Nasie beskerming te bied en vertrou dat dit sal geskied onder die vaandel van die een ware en almagtige God

Die Afrikaner-Weerstandsbeweging (AWB) is terug op die toneel.

Meer as drie jaar nadat mnr. Eugène Terre’Blanche, AWB-leier, op parool vrygelaat is, het hy gister ná ’n vergadering van die AWB se uitvoerende raad aangekondig dat die beweging heraktiveer gaan word.

Ten volle geklee in swart het die steeds vurige Terre’Blanche aan joernaliste van Rapport en Beeld gesê die AWB wil ’n eis om ’n eie grondgebied vir die Boerevolk na die Wêreldhof in Den Haag neem.

Hy het sy spyt uitgespreek dat daar geen swart joernaliste teenwoordig was nie. Die media-uitnodiging het spesifiek gelui dat verslaggewers van alle rasse welkom sou wees.
Die sowat dertig mense wat die vergadering – en daarna die mediakonferensie bygewoon het – was meestal mans, oorwegend in kakie geklee.

Daar was geen tekens van die ontbinde Ystergarde se militêre uitrustings nie, maar lede van die Brandwag van die Christen Boervolk, ’n teenmisdaadorganisasie, het eenvormige kakiehemde gedra waarop wapens en range geborduur is.

Terre’Blanche het duidelik nie die kuns verleer om ’n gehoor aan sy lippe te laat hang nie. Sy woordryke veroordeling van misdaad op wit mense het mense “hoor-hoor” laat uitroep.
Volgens Terre’Blanche wil die AWB weerstand bied “teen die aakligheid van die werklikheid dat ’n hoogs beskaafde volk op ’n skaal ongekend aan enige ander volk in ’n vredestyd uitgemoor word”.

Hy het geen vertroue in vandag se polisie en weermag nie en sien die Boerevolk as heeltemal uitgelewer.

Die AWB het volgens hom uit sy foute van die verlede geleer en is vandag ryper en ryker.
Maar die beweging besef ook hy was oor sekere dinge reg, soos toe hy gewaarsku het wet en orde gaan verval en dat daar nie meer ’n verantwoordelike polisiemag gaan wees nie.
Terre’Blanche sê die AWB wil nie oorlogmakers wees nie, maar wil die oorlogmakers wat misdaad pleeg, beveg.

Die beweging het vroeër die Brandwag-beweging op die been gebring waardeur lede per SMS laat weet word van misdaadvoorvalle en dan opruk om slagoffers te gaan help. Brandwag-lede sal binne die wet optree, het hy gesê.

Oor die rasse-voorvalle die afgelope week by die Universiteit van die Vrystaat het Terre’Blanche gesê hy dink die voorval word uit verband geruk omdat die studente ’n soort Leon Schuster-rolprent wou maak.

Die reaksie op die video is volgens hom skokkend. Dit wys die onverdraagsaamheid binne die ANC en by sekere swart mense in skole en universiteite.

No comments: