Wednesday, 7 November 2012
"The Truth on the ANC and South Africa"
Friday, 17 August 2012
"Silent Cry of the Boer"
"Take a community of Dutchmen of the type of those who defended themselves for fifty years against all the power of Spain at a time when Spain was the greatest power in the world. Intermix with them a strain of those inflexible French Huguenots, who gave up their name and left their country forever at the time of the revocation of the Edict of Nantes. The product must obviously be one of the most rugged, virile, unconquerable races ever seen upon the face of the earth. Take these formidable people and train them for seven generations in constant warfare against savage men and ferocious beasts, in circumstances in which no weakling could survive; place them so that they acquire skill with weapons and in horsemanship, give them a country which is eminently suited to the tactics of the huntsman, the marksman and the rider. Then, finally, put a fine temper upon their military qualities by a dour fatalistic Old Testament religion and an ardent and consuming patriotism. Combine all these qualities and all these impulses in one individual and you have the modern Boer." Sir Arthur Conan Doyle
Tuesday, 10 July 2012
My Volk
Dan laat sak ek my kop in bittere skaamte, hoe kan dit wees dat die eens trotse, God vresende boere volk so geval het. Ons kon gaan van skamele vlugtelinge na ‘n magtige volk en dan verander in ‘n rug graadlose massa wat op ons knieë rondkryp voor die vyand, die bose! Ons kon die wêreld afjak met trotse God vresende luiers soos Paul Kruger en Hendrik Verwoerd en onself suksesvol regeer tot die misnoë en jaloesie van die wêreld en dan alles vertrap en weg gooi in ‘n oog wink met die referendum. Ons volk is gebou uit bloed, bloed van kinders, bloed van vrouens, bloed van mans en belangrikste van alles, bloed van ons Jesus Christus!
Ontelbare lewens is verloor, pryslose opofferings gemaak vir die vorming van ons volk! Waar sit ons nou? Ons het talle verdedigende oorloë gevoer, ons het talle toegewings gemaak vir ons volk se behoud. Ons was ‘n stralende voorbeeld vir God almagitg en het ‘n groot deel van donker afrika omskep in ‘n welvarende staat wat na ALMAL se behoefdes voorsien het. Ons het met die ware betekenis van die woorde, afrika suksesvol getem. Nie met geweld, nie met geld maar met God se genade en harde werk. As ‘n volk was ons so suksesvol met die ontwikkeling van Suid-Afrika dat selfs die mees geharde vyand ‘n duidelike onderskeid getref het tussen afrika en Suid-Afrika. Daar was van die trotse land gepraat as ‘n kontinent op sy eie, asof die grense ‘n 1000 oseane was tussen ons en die res van afrika! Nou is daar nie meer onderskeid nie, die vlak van verval het so ‘n donker punt bereik dat ons nie eers meer weet wat ‘n grens is nie. Die verval is so uniek in sy eie reg dat dit ‘n nuwe trappe van vergelyking tot lewe geroep het … Suid-Afrika, Nuwe Suid-Afrika, Afrika
Die oorgawe was so absoluut dat dit selfs op ons eens trotse monumente wys in die vorm van verval en nalatigheid. Wat het van ons geword, wil ek weet met trane in my oë. Ons kyk toe hoe ons historiese erfdeel verkrag word met die verandering van trotse geskiedkundige name na die van die vyand sin, sonder om eers een vinger te lig. Ons kyk toe hoe ons vrouens en kinders wreed verkrag en vermoor word, sonder om weereens ‘n vinger te lig. Ons kyk toe hoe ons eie godsdiens teen ons verdraai word en die heilige woord van God geskend word sonder om eers te frons! Ek kan myself nie kry om eers my kop te lig nie. Ek kan myself nie eers kry om my kinders in die oë te kyk nie. Ons kyk toe hoe ons volk verarm en verhonger tot geraamtes sonder om weereens iets te doen. Sies my Volk! Waar is jou trots?
Elke generasie is geregtig op sy erfdeel MAAR in dieselfde asem is elke generasie verantwoordelik van die nalatingskap van ‘n erfdeel vir die volgende een! Ek het toegekyk hoe my ouers se generasie God se liefde prys gegee het vir plesier, hoe respek en dankbaarheid verander het in gulsigheid en selfsug. Ons erfdeel is dit wat ons nou sien, dit is nie mooi nie, dit is nie altyd regverdig nie maar dit bly ons erfdeel. Net soos ons voorouers die strydbyl moes optel om ons te vat waar ons nou is moet ons die strydbyl optel om ons te vat na waar ons moet gaan. Word wakker my Volk, staan op en span die juk in want hoe langer ons vir die juk kyk hoe swaarder word dit! Word deel van volkseie organisasies, skenk tyd en hulp aan ons weerloses, werk hard en gee ons kinders weer ware leiding in die woord van God en belangrikste van alles … gaan op jou knieë en pleit vir God se vergifnis! Ons grootste verraad was en sal altyd wees teenoor ons almagtige drie-enige God! Ek pleit by jou my volksgenoot, help my in ons stryd want die vyand is slinks en sterk maar nie so sterk soos wat ons gely word om te glo nie. Wanneer ons saam staan onder God se beskermende hand kan niks en niemand ons oorwin nie en al wat dit vat is vir jou, my volksgenoot om op te staan en die juk te help dra!
Friday, 21 October 2011
Paul Kruger
Die hoogte en die diepte van Paul Kruger se krag was daarin dat hy van twee maal twee altyd vier gemaak het en hom nooit bedrieg het met slimme sofismes nie. ‘n Regte ding, volgens sy lig, was vir hom reg en ‘n valse ding vals so lank as die wêreld staan.
Teenoor andersdenkendes was hy die minste en of bekrompe van alle mense – minder bekrompe as wat ons vreeslik liberaal-denkendes vandag is, met al ons selfverheerliking oor ons “broadmindedness”.
Maar as hy teenoor ander mense sag was, teenoor homself was hy erger en streng. By sy eie selfbeoordeling was hy nooit liefdadig en barmhartig nie.
Paul Kruger het altyd die regte pad instinkmatig raakgesien. Ek lê nadruk daarop omdat ‘n mens dikwels die regte voorganger nie na waarde kan skat nie, juis omdat hy reg geloop het.
As daar honderd moontlike paaie is waarvan een alleen die regte is, dan is dit maklik om agterna op elkeen van die nege-en-negentig te wys en te sê waarom hulle verkeerd gegaan het. Maar die een regte pad, juis omdat hy die regte was, lyk agterna so natuurlik en vanselfsprekend dat ons ons almal verbeel ons sou daardie een gekies het. Almal agterna.
Bo menslike verstand en logika verby, het Kruger daardie óú Doppergeloof gehad dat regverdigheid ‘n volk verhoog. Baie dikwels, volgens hierdie beginsel, is dit juis die pad wat nie betaal nie, die ongemaklike pad, die pad van offer en lyding, wat na die uiteindelike geluk lei.
Dís die pad wat na die besef lei dat ons helpers van God is om die toekoms te maak; die Kruger-besieling van: Myne is my eie, nie om te verwaarloos nie, maar my eie om te handhaaf, want God het dit aan my toevertrou.
As ‘n oningewyde vreemdeling my sou vra: Wat het julle Boerevolk gedoen om julle bestaan te regverdig?, dan sou ek antwoord en sê:
Ons roem is in ons geskiedenis – lees hom.
Ons roem is in ons lyding en opoffering.
Ons roem is dat ons skoon gebly het in omstandighede waarin elke ander volk vervuil geraak het.
Ons roem is in ons letterkunde – vergelyk wat elke ander nasie in sy eerste vyfhonderd jaar gedoen het teen wat ons in vyf-en-twintig jaar gedoen het.
Maar die hoogste wat ‘n volk kan voortbring, is ‘n man. En ek wys jou ‘n takhaar-dopper. In die hele geskiedenis van die wêreld, in gelyke omstandighede en met gelyke nadele, is daar nie een, staatsman of volksleier, wat naby sy gelyke is nie.
Cromwell was ‘n dweper, Bismarck was gewetenloos, Napoleon was ‘n selfsoeker.
As ons maar net ‘n deeltjie van die baie wat ons kry so sou benuttig as wat hy benuttig het die geheel van die min wat hy gekry het.
Monday, 26 September 2011
Is haat regtig so kompleks?
Regter Colin Lamont het verlede week in die gelykheidshof in Johannesburg beslis die woorde “skiet die Boer” is haatspraak. Hy het Malema en die ANC verbied om dit weer te sing. Sedertdien is daar ‘n stroom van kommentaar deur kundiges en die publiek.
Die FAK het gereël dat daar ‘n simposium gehou word waar die regsverteenwoordigers wat by die saak betrokke was onder meer verduidelik waarom die saak nodig was. Vrae word byvoorbeeld gevra of die saak nie aan Malema ‘n groter platform gegee het as wat hy reeds het nie.
Aan die ander kant word daar geredeneer dat die bevel nie afdwingbaar is nie. Prof Lourens du Plessis, van Potchefstroom sê hy is ook nie ten gunste daarvan dat sulke liedere in die openbaar gesing word nie, maar hy vra hoe die bevel afgedwing gaan word.
Prof Pierre de Vos, grondwetkenner aan die Universiteit van Kaapstad, beskou die regter se bevel ook as moeilik afdwingbaar. Hy interpreteer Lamont se bevel só dat geen ANC-lid die lied mag sing nie, selfs nie eens op ’n private byeenkoms nie.
Volgens Gwede Mantashe kan die bevel nie afgedwing word nie, daarom appelleer hulle.
Tog snaaks dat die argument van “moeilik afdwingbaar” nie geld as dit kom by wette soos die vuurwapenwet of die gebruik van die gewraakte “k-woord” nie...
Die Instituut vir Vryheid van Spraak voer aan dat die uitspraak vryheid van spraak ‘n knou gegee het. Hulle sê “dit beperk ons vermoë om met die verlede om te gaan.”
Dr Mia Swart, voorheen van Wits en tans assistent-professor in die regsfakulteit van die Universiteit van Leiden in Nederland, het weer ‘n probleem met die minderheidstatus van die Afrikaner. Sy sê die minderheid moet kwesbaar wees en histories gesien kwalifiseer Afrikaners nie as ’n kwesbare minderheid nie.
Volgens haar is dit alarmisties en onrealisties om Malema of die jeugliga te beskuldig van volksmoord of aanhitsing tot geweld teen Afrikaners.
Miskien kan die skrywers van die boek, Treurgrond, seker maak dat die professor daar in Nederland ‘n kopie van die boek oor plaasmoorde kry – dit mag dalk haar oë oopmaak vir wat werklik aan die gang is.
Die aangehaalde kundiges en die Menseregtekommissie meen almal daar moet eerder debat gevoer word oor haatspraak as om hof toe te gaan. Deur die hofsaak aan te gaan het daar glo ‘n kans verby gegaan om sinvol oor die saak te praat. Alles natuurlik ter wille van versoening.
Die vraag is: Wie het die kans laat verbygaan vir versoening? Diegene wat moeg is daarvoor om te kyk hoe hulle geliefdes en volksgenote vermoor word; of diegene wat sing dat mense geskiet moet word, die party wat nalaat om die mense wat dit doen in die bek te ruk en nou weer dieselfde party wat bereid is om die saak verder te voer in plaas daarvan om by die uitspraak te berus?
Dit is tog duidelik van watter kant af die haat kom. Dit is glad nie so ingewikkeld nie.
Tuesday, 20 September 2011
Waarskynlik nie Malema se einde
Die saak in die gelykheidshof het gespruit uit Malema se voortdurende sing van die dreunsang “Skiet die boere want hulle is verkragters”. Afriforum het betoog dat Malema dit nie mag sing nie, en TLU SA het betoog dat die hele liedjie verban behoort te word as haatspraak, omdat boere reeds al vermoor is as gevolg van die opswepende aard daarvan.
Die effek van regter Lamont se uitspraak gister in die Gelykheidshof, is dat die liedjie inderdaad nie meer gesing mag word nie: nie op ‘n openbare vergadering nie en ook nie eens op ‘n geslote vergadering nie. In wese kom dit daarop neer dat iemand dit nie eens te hard moet dink nie. Enigiemand, en dit geld nie net vir Malema nie, wat die liedjie nou sou sing, sal ‘n misdryf begaan en vervolg kan word vir haatspraak, want die liedjie is verklaarde haatspraak.
Waar die boere die bevolkingsgroep is wat die slegste aan die ontvangkant is met die moordstatistiek kan dit vir hulle goeie nuus wees. TLU SA het juis verlede week toe die misdaadstatistiek vrygestel is daarop gewys dat die moordsyfer op die boere skrikwekkend hoog is. Omgereken na moorde per honderdduisend van die boerderybevolking staan die syfer van moorde op boere op 86, terwyl die moorde op polisielede op 61 per honderdduisend van die polisiebevolking staan. Daarbenewens word boere gedurig ten onregte van allerhande sake beskuldig, soos dat hulle werkers sleg sou behandel, hulle onwettig van plase afsit, dat boere hulle grond gesteel het, waterbesoedelaars en kragdiewe is, en soos die Malema-liedjie sê, verkragters is. Daar word dus ‘n klimaat geskep dat boere misdadigers is. Daardie skuim van die land mag dus maar verdwyn en ‘n oproep van ‘n radikale jeugleier dat dié mens geskiet moet word, val dan nie op dowe ore nie. TLU SA het dit ook so tydens die verhoor aan die hof verduidelik.
Ons moet egter nie naïef wees en dink dat ná die hofuitspraak ons oorlog teen rassisme en blanke haat verby is nie. Dr. Dan Roodt van Praag stel dit netjies in ‘n artikel waar hy sê: “In weerwil van die positiewe uitkoms van die hofsaak, is PRAAG pessimisties oor die toekomstige moontlikhede van etniese saambestaan in Suid-Afrika. Hierdie gebeurtenis moet as ‘n klein oorwinninkie op die pad van Afrikaner-emansipasie van die geweld, onrede, korrupsie en diskriminasie van die sogenaamde ‘nuwe Suid-Afrika’, wat slegs in naam demokraties is, gesien word. Suid-Afrika is ‘n land vol haat wat in die gruweldade van plaasmoorde manifesteer, maar ook in die onderdrukking van Afrikaans en die Afrikaneridentiteit deur die Afro-Saksiese staat.”
Om nou te begin praat van gesprekke met die ANC om rassekwessies op te los, is dalk ‘n bietjie naïef. Malema sal nie die saak netso kan aanvaar nie. Ter wille van sy politieke aspirasies om leier van die ANC te word ten einde al sy dreigemente teen die land se blankes te kan uitvoer, sal hy polities moet oorleef. Daarom sal hy hierdie saak op appél moet neem. So ‘n appélsaak kan lank neem om op die rol te kom en dan afgehandel te word. Dit kan selfs uitrek tot na die ANC se beleidskonferensie volgende jaar, waar hy ook sy nuwe leierskorps kies. Dan sal Malema in dieselfde posisie wees as Jacob Zuma wat voor die laaste ANC-kongres nog hofsake hangende gehad het teen hom, maar toe hy eers president van die ANC geword het, dié sake soos mis voor die son verdwyn het.
Ons durf dus nie toe te laat dat die vreugde van ‘n oorwinning ons laat afstomp vir die realiteite van die toekoms nie. Weer eens som dr. Roodt dit raak op as hy sê: “PRAAG het ‘n beroep op alle Afrikaners gedoen om deel van die stryd vir ‘n durende vryheid, veiligheid en vrede te word. Mnr. Malema, soos vele ander, het ons waardigheid en menslikheid vertrap. In die woorde van regter Lamont, het hy ons verontmenslik, wat ‘n stap onderweg na volksmoord verteenwoordig. Soos die mense van Kosovo en vele ander wat aan etniese haat en onophoudelike propaganda onderwerp is, sal Afrikaners slegs veilig wees in ‘n land en ‘n republiek van hul eie.”
Ons glo die Volksraad Verkiesing van 24 September kan ‘n eerste en belangrike stap op daardie pad van vryheid wees, as ons in die grootste mate van eendrag passifiste, doemprofete en volksverdelers ignoreer en verwerp en massaal hierdie verkiesing ondersteun.
Wednesday, 14 September 2011
Dr. HF Verwoerd: 8 September 1901 - 6 September 1966
So gesien was dr. Verwoerd, net soos pres. Paul Kruger, 'n Afrikaner martelaar wat uitgewis moes word omdat hy vir die Afrikanervolk 'n tuiste in Suid-Afrika wou bou. Dit het hy immers duidelik uitgespel in. sy koers bepalende toespraak van 20 Mei 1959 waar hy die keuse tussen 'n rasvermengde Suid-Afrika of, aan die ander kant, 'n blanke Suid-Afrika gestel het. Met daardie toespraak het hy vierkantig in die pad gestaan van daardie mense en magte in Suid-Afrika en elders wat die bodemrykdomme van Suid-Afrika hoofsaaklik vir eie voordeel wou benut. Dr Verwoerd het, soos pres. Paul Kruger, gekies vir die bevoordeling van die Afrikanervolk bo die selfsugtige eise van 'n handjievol super-rykes
Destyds is dr. Verwoerd en sy Afrikaner-ondersteuners in die koerante van die mynmaatskappye en die super-rykes, aangeval en voorgehou as die uitvaagsels van die wêreld, die barbare en onbeskaafdes, vir wie daar eintlik nie 'n plek op die aardbodem behoort te wees nie. Daarom moes niemand ook ontsteld wees as hulle uitgewis word nie. Ons ken die verhaal. Dit was maar ‘n variasie van die propaganda wat gebruik is om die oorlog ter wille van die goud van die Witwatersrand in 1899 - 1902 te regverdig. Terse1fdertyd het daardie selfde magte vanaf die 1960's elke struktuur wat die Afrikanervolk gebou het om homself te beskerm, gerysmier en ondergrawe deur die knegte van die super-rykes
As so, op hierdie dag, ver en wyd teruggedink word, blyk dit telkens weer en weer dat dr Verwoerd die groot draer en beliggaming van die Afrikaner ideaal was. Vanaf sy toetrede tot die openbare lewe in die dertigerjare om die Afrikaner-armblanke-vraagstuk aan te spreek was hy die Ieier wat die "Pad van Suid-Afrika"geloop het ....
Hy was, as koerantman in Johannesburg vanaf 1937 en as politieke en kulturele Ieier in die veertigerjare alreeds eiesoortig uniek omdat hy so duidelik en beredeneerd die koers vir sy mense aangedui het. En die Afrikanervolk het hom gehoor en sy stem en sy leiding gevolg .... dink maar terug aan die reuse-opkomste tydens sy veldtog wat voorafgegaan het aan die stigting van die Republiek in 1961, en die groot volksaamtrek op Monumentkoppie in Pretoria by die vyfjarige herdenking van die ontstaan van die Republiek in 1966
Soos ná die Engelse oorlog, soos tydens die vorige Wêreldoorlog en soos tydens elke krisis is ons volk mos geneig om onder maksimale druk uitmekaar te spat en dan eers weer later te hergroepeer. Terwyl dit gebeur, soos in ons dae, is dit nodig en verhelderend om sorgvuldig en nadenkend weer 'n slag op Verwoerd se spoor te loop. Hy het ons tradisionele pad duidelik met 51 toesprake en sy voorbeeld uitgestippel, hy het die Christelike nasionale koers vir ons tyd weer oop gedink
Hier, aan die begin van September wanneer ons as volk dr. Verwoerd se enorme politiek-kulturele en geestelike erfenis in groot dankbaarheid, in oënskou neem. is dit nodig om onsself daartoe te verbind om ons weer daarin te verdiep en om juis, by die bestudering van dr. Verwoerd se nalatenskap, ons denke en visie te slyp en te verhelder vir die taak wat voor ons staan. Dit is nodig, want met die Verbond van die Burgers van 1880 op Paardekraal het die vadere belowe om "het erfpand der vaderen ongeschonden aan onze kinderen over te leveren". Ons wat vandag moet koers hou, kan nie minder doen nie. Juis daarom is dr. Verwoerd se geestelike erfenis nie net koersaanduiding nie, maar ook 'n blywende inspirasie
Tuesday, 31 May 2011
Republiekdag
Vyf jaar later is die eerste herdenking van die nuwe Republiek gehou. By daardie geleentheid het dr. HF Verwoerd, die aand na die groot militêre parade, 'n belangrike feesrede gehou. 'n Paar aanhalings uit daardie rede laat mens vandag ver terugdink.
"As so teruggeskou word", het dr. Verwoerd gesê, "sal nie net 'n heroïese gesien word nie, ... maar ook 'n helder siening van die twee, bekende teenoorgestelde strominge in ons volk.
“Daar was die een stroom wat wel gesoek het na. selfstandigheid, maar 'n selfstandigheid ingeperk binne 'n groter geheel, 'n strewe na 'n selfstandige Suid-Afrika as deel, eers van die Britse Ryk en later van die Statebond ... "
"Daarnaas was daar die tweede stroming: die strewe na 'n nasie wat onafhanklik wou word, geheel en al vry, van alle bande los, maar tegelyk in volle vriendskap met diegene aan wie hy voorheen verbonde was. Dit was die stroom van egte nasiewording en die begeerte na 'n Republikeinse vorm om die vryheid te beklee ..... daar was 'n strewe na eenheid binne die volk alleen: 'n samevoeging van diegene wat as volksgenote bymekaar hoort, trou aan mekaar, trou aan land en volk en dan eers vriende met almal daar buite ….”
In die loop van sy toespraak het hy ook verwys na die brekers en die bouers. Die brekers het hy so omskrywe:" .... dan is daar diegene wat die Republiek alleen sal aanvaar as dit veelrassig is of selfs 'n swart Republiek is ..... Maar vanaand wil ek nie praat met die brekers nie .... Met hulle wat Suid-Afrika nie kan sien soos hy gegroei het nie en wat nie die groot ideale kan raaksien wat gekoester word vir die swart volke nie, maar alles wil verander. Hulle wil 'n heeltemal nuwe soort staat skep wat rampe en chaos sal moet trotseer soos elders in Afrika….”
“Laat ons wat bouers is die toekoms met vertroue en hoop tegemoetgaan .... "
"Op internasionale gebied lê egter die vraag van die toekoms. Daar is ‘n pad wat ons ter wille van ons voortbestaan moet loop. Kan ons by die volkere van die wêreld begrip kry vir die eerlikheid van ons strewe dan het ek geen twyfel nie ." ..
"Sou hulle egter uit eie selfsug, om eie steun vir eie doeleindes te verkry van ons offers wil maak ..... dan sal die toekoms vir ons donker wees.”
En so het dr. Verwoerd sy rede toe afgesluit : "Die vuur wat die harte van mense staal, sal ons in stand hou. Ons sal ons met hart en hand bly toewys aan ons volk en ons vaderland ..... "
Drie maande later is dr. Verwoerd vermoor omdat daar waarskynlik nie 'n ander manier was om die "brekers" aan bewind te kry nie. En so het die toekoms vir die Afrikanervolk donker geword .....
Maar laat ons vashou aan daardie woord waarmee ons in 1966 saamgestem het : Ons sal ons met hart en hand bly toewy aan ons volk en ons vaderland..
Tuesday, 25 May 2010
Ons is steeds op koers
Ons het al by ‘n vorige geleentheid daarop gewys dat ons volksnasionaliste, wat die republikeinse vryheidstrewe aanhang, nie skielik regs of vêrregs geword het nie, maar dat dit in wese diegene is wat daardie ideaal versaak het, wat na links beweeg het.
Die beste voorbeeld daarvan het geblyk na die dood van die voormalige Prog-leier, doktor Frederick van Zyl-Slabbert. Ons gaan nie hier ‘n relaas gee van doktor Van Zyl-Slabbert se linkse politieke loopbaan, en sy rol in die geknoei en oorgawe aan die destydse ANC-terroristebende nie. Die geskiedskrywers sal mettertyd daaroor ‘n oordeel vel.
Ons wil net fokus op die rol van die media na Van Zyl-Slabbert se dood.
Dat die SABC-TV ‘n buitengewone lang huldeblyk op sy nuusbulletin gelewer het, is seker te verstane. Immers, die SABC is die His Masters Voice van die ANC-regime, en ons het die afgelope week gesien hoe hulle weer ‘n goeie politieke kameraad aangestel het as nuushoof. Van Zyl-Slabbert het baie gedoen om die ANC vanuit die bos na die onderhandelingstafel te lok, en netso het hy baie gedoen deur sy Idasa om seker te maak dat die oorgawe van De Klerk vreedsaam verloop sonder enige blanke weerstand. Hy was dus vir die ANC ‘n groot seun, en daarom dat hulle baie huil oor sy heengaan.
Insgelyks kan ander private radio en televisiestasies se rou oor Van Zyl-Slabbert verklaar word, want, alhoewel hy uit ‘n Afrikanerhuis afkomstig was, was hy ‘n Afrikaner met ‘n Engelse hart, soos die destydse Afrikaanse Patriot hom waarskynlik sou beskryf het. Die feit dat hy leier was van die hoofsaaklik Engelssprekende Progressiewe Federale Party, ondersteun die stelling.
Totaal verstommend, egter, is die voormalige Nasionale Party ondersteunde media, naamlik die Afrikaanse koerante van Naspers of Media 24. “’n Kolos sterf” was een van hulle se opskrifte, en bladsye word spandeer aan huldeblyke aan ‘n eertydse politieke vyand wat later die titel as leier van die opposisie moes afstaan aan die Konserwatiewe Party. Uiteindelik het hy dus maar ‘n uiters marginale deel van die land verteenwoordig, en daarom kan die huldeblyke dalk as erg buitensporig tot sy statuur beskou word.
Daardie selfde Afrikaanse koerante het egter destyds ‘n hewige stryd teen Van Zyl-Slabbert en die PFP gevoer, en hy is uitgeskel as Prog en wat nog. Nou was hy skielik die groot held en kolos van die Suid-Afrikaanse politiek, en selfs die ver-linkse Breyten Breytenbach moet aangehaal word om te verklaar dat die “laaste Afrikaner-leier” gesterf het. Mensig, wat ‘n oordadigheid aan liberalisme en oorgawe, en dit breedvoerig en simpatiek gerapporteer deur die Afrikaanse media, wat ons mense daagliks lees en die inhoud daarvan opslurp. Geen wonder dat ons onderskeidingsvermoë so aan die uiterste toetse onderwerp word nie.
Dit is dus heel duidelik dat die Afrikaanse sogenaamde hoofstroom media, die pad byster geraak het en na die verre linkerkant beweeg het. Vroeër was hulle stryders vir vryheid, Afrikaner selfbeskikking en die republikeinse ideaal. Vandag besing hulle juis die vernietigers daarvan. Vir hulle is daar nie veel méér beweegruimte na links nie.
Hier word dus weer heel duidelik bewys dat dit nie die sogenaamde regses wat regs geword het nie, maar dit is hierdie klomp wat uit ons hoofstroom van republikanisme weggebreek het na links en hulleself as linkse randeiers geposisioneer het. Ons moet net uiters waaksaam wees om nie deur hulle propaganda na links, of sogenaamde gematigdheid, gedwing te word nie. Ons moet sterk en onverbiddelik op ons republikeinse vryheidseis staan, soos die geslagte voor ons. Dis nie ons wat verander nie: ons is steeds op koers.
Monday, 24 May 2010
Reaksiepolitiek
Pas is bekend gemaak dat partypolitiek as deel van studentepolitiek waarskynlik by Kovsies afgeskaf gaan word. Terselfdertyd toon ‘n opname in Nederland dat politieke partye in Nederland meer regse uitsprake maak vir die komende algemene verkiesing as wat selfs die partye se eie verkiesingsmanifeste aandui.
Dit is ‘n bekende feit dat politiek in Wes-Europa ‘n groot regse of nasionalistiese oplewing beleef.
Daar word ook gevra hoekom die kiesers in verskeie Wes-Europese state die liberalisme – eintlik permissiwiteit – van die laaste kwart van die vorige eeu die rug toegekeer het en partye met ‘n Christen-demokratiese inslag weer aan bewind gestel het. Dit lyk ook asof die Christen-demokratiese era dalk ‘n soort van tussenfase kan wees vir ‘n skuif na nog verder regs.
Die verklaring vir die skuif is heel waarskynlik soortgelyk as die verklaring vir die beweging in studentepolitiek op voormalige Afrikaanse universiteite. ‘n Beweging wat deur baie beskryf word as polariserend.
Met die oopstel van hierdie universiteite het die dinamika vinnig verander. Dit het gepaard gegaan met ‘n afskaling van Afrikaans en ‘n verandering in kultuur. Dieselfde links-radikale politiek wat studentepolitiek op die ou swart kampusse gekenmerk het, het oornag ook op die tradisionele Afrikaanse kampusse kom nesskop. Dit het die dieselfde soort van studenteprotes ingesluit.
Skielik was daar nie meer ruimte vir die sogenaamde middelgrond nie. Tradisionele Afrikaanse studente-organisasies moes partypolities begin saamstaan of verdwyn.
Universiteitsowerhede het nie juis met Salomo se wysheid op die gebeure gereageer nie.
In die klaskamers word die teorie geleer van elke aksie wat ‘n teenreaksie tot gevolg het, maar as dit in die praktyk neerslag vind, word kopgekrap en opnuut reaktief opgetree.
Die opkoms van Christen-demokrasie in Wes-Europa word onder meer toegeskryf aan ‘n oorversadigheid van permissiwiteit soos sekswinkels op straathoeke, bordele, aandrang op die wettiging van dagga en ander dwelms, gru-reaksie op massaslagtings deur aborsies en ‘n koerslose jeug wat hulle tot sake wend soos die Bader-Meinhoffs. ‘n Tweede faktor is die invloei van mense uit Oos-Europa met konserwatiewer Christelike waardes.
‘n Persepsie bestaan voorts dat baie van die misdaad ook na nie-Christen immigrante uit minder ontwikkelde lande teruggelei kan word. Te midde van die opskiet van moskees het sogenaamde post-Christelikheid as mode sy glans verloor.
Die inklusiwiteit van die Europese Unie het ook tot gevolg dat plaaslike nasionalisme, selfs dit wat amper vergete was, op die een of ander wyse weer lewend geword het. Skotse en Walliese parlemente is ingestel, en word na hul webwerwe gekyk, straal die trots uit die gehalte daarvan. Vlaandere raak nukkerig met sy blok-aan-die-been, maar meerderwaardige Walloniese landsgenote. Die Friesiese kultuur blom en verskillende dialekte daarvan word afgestof. Brabants het sy eie Bybelvertaling gekry.
Plaaslike universiteitsowerhede wat meen om studente, met verreweg beter kwalifikasies as die gemiddelde Suid-Afrikaanse kieser, kunsmatig van die natuurlike verloop van studentepolitiek te beroof, herinner aan lesse wat Lord Milner ook al hier op Suid-Afrikaanse bodem moes leer.
Spreek eers die oorsake aan. Die simptome sal self daarop reageer.
Sunday, 23 May 2010
Wil jy régtig vry wees?
Sy plaas is afgebrand, sy eiendom gesteel, sy vrou en kinders konsentrasiekamp toe gejaag. Hy weet nie hoe dit met hulle gaan nie; weet nie eens of hulle nog leef nie.
En nou kom maak ‘n agent aan hom die voorstel: “Lê die wapen neer en al jou swaarkry is verby. Jy kan rus: sag, veilig en warm slaap, genoeg eet... Jou vrou en kinders kan uit die moordkamp kom en lekker lewe. Jy kan saam met ons werk en goed beloon word; selfs ryk word.”
Maar eer en vryheid weeg vir die Bittereinder veel swaarder as persoonlike gerief; meer selfs as sy eie lewe en die lewe van sy vrou en kinders. Want as ‘n mens nie vry en eervol kan lewe nie, hoe kan jy dit dan lewe noem?
Dit Bittereinder kies die moeilike weg – die weg van eer.
Sedert die begin van die Afrikaanse taalstryd het talle mense groot opofferings gemaak sodat ons volk ook wat taal betref, volwaardig volk kon word.
Vir Afrikaans het mense hulle posisie en hulle inkomste gewaag. Mense soos dr Hennie Terblanche het selfs doodsdreigemente ontvang, maar hulle het voortgestry en ons wonderskone taal tot stand gebring – ‘n taal opgewasse vir elke taak wat van ‘n taal verwag kan word; van die vertolking van die diepste sielsbelewenisse tot die oordrag van die mees gevorderde tegniese en wetenskaplike begrippe.
Van ons taalstryders, soos die einste Hennie Terblanche, Langenhoven, JHH de Waal, Eugene Marais en ander, was uiters bekwaam in Engels en ander tale. Die versoeking moes soms daar gewees het om eerder te verengels, te rus en geldelik vooruit te gaan, maar, soos die Bittereinders, het hulle die weg van eer gekies.
Vandag staan elkeen van ons voor ‘n besluit: Watter weg kies óns as ons taal ter sprake kom? En laat ons maar ‘n slag met mekaar eerlik wees – die prentjie lyk nie mooi nie.
Dit Bittereinder kon sy vryheid, voorspoed, die lewe van sy vrou en kinders koop as hy maar net die wapen sou neerlê, maar hy het geweier om te hensop.
Ons kry niks daarvoor nie, maar tog besoedel ons ons taal daagliks met vreemde woorde en uitdrukkings soos oukei baai, dabbeljoe-dabbeljoe-dabbeljoe dot-sie-ou dot-zet-ei, seedee, deeveedee, boelbaar en es-em-es terwyl ons eie taal sy eie, beter woorde het.
Niemand gaan ons eiendom afbrand of ons gesinne in kampe stop as ons die weg van eer kies nie, maar ons Polokwane en Mapoepalanga en Gauteng soos vrywillige hensoppers agter ons onderdrukkers aan.
Die Bittereinders en taalstryders kon veel wen as hulle wou oorgee. Ons wen níks met ons hensoppery nie.
Die offers wat hulle gebring het was groot; sien ons darem kans om bloot ‘n woord in ons eie taal te sê, of is dit te veel gevra?
Laat elkeen van ons onsself vandag vra: wil ek régtig vry wees? En as die antwoord ja is, laat ons dan begin lewe en praat soos mense wat regtig vry wil wees.
Thursday, 20 May 2010
Moeg vir bloed en sat vir taks
Min sake het soveel aandag op die land se misdaadvlakke gevestig soos toe die presidensie vroeër vanjaar geweier het om kruiwavragte vol protesmemorandums teen misdaad in ontvangs te neem. Met gister se optredes het die polisie deur die bank die petisies vriendelik in ontvangs geneem. Daar is sekerlik van bo af opdrag gegee dat die publiek nie nog verder die harnas ingejaag moet word nie.
Met Suid-Afrika wat onlangs die titel van die wêreld se moord-hoofsetel by sy voorheen verworwe titel van verkragtingshoofsetel gevoeg het, spreek dit vanself dat die kollig in die land deurgaans op misdaad sal val.
Met die een oog op die misdaadvlakke, is die ander oog op die polisie se vermoë om die misdaadgolf te stuit. Dit is nog maande voor die volgende misdaadsyfers beskikbaar gestel word, en ‘n polemiek het reeds daaroor losgebars.
Selfs op gemeenskapspolisiëringsvlak is daar nou glo ‘n opdrag om misdaadstatistiek in die omgewing van die publiek te weerhou. Dit is tog onredelik om van die publiek te verwag om betrokke te raak by misdaadbestryding, maar om hulle dan nie toe te rus om dit te doen nie. Net soos die metropolisie van Pretoria wat ‘n man beboet wat patrollies ry met ‘n groen lig op sy voertuig se dak. Die ironie is dat hy dit in samewerking met die Garsfontein-polisiestasie doen. Die een hand weet dus nie wat die ander doen nie.
Dit het veral duidelik na vore gekom in die parlement toe generaal Cele en sy span met die roede te make gekry het omdat hulle lastige vrae nie kon beantwoord nie, en toe uitstel gevra het om voor te berei. Een van die vrae wat nie beantwoord kon word nie, is hoe dit moontlik is om 3,2 miljard rand te gebruik om net 11 nuwe polisiekantore te bou en 12 polisiestasies op te knap. Dit is 139 miljoen rand per polisiekantoor.
Steeds verskyn berigte waaruit dit blyk dat ras eerder as bekwaamheid die bepalende faktor vir die toekoms van lede van die polisie is.
Dit strek van aanstelling tot bevordering tot dissiplinêre optrede. Die lugvleuel sal eerder onderbeman word, as om af te sien van die ideologiese beleid. Derduisende rand se belastinggeld sal eerder gebruik word om arbeidshofsake te beveg as om die beste persoon vir die werk aan te stel. Politieke en vakbond- affiliasies tel ook skynbaar meer as reg en verkeerd.
Baie mense sal sê dit help tog nie om net weer protes aan te teken en die polisie by die polisie te verkla nie. Daar was al hoeveel optogte en beswaarskrifte. Natuurlik verwag niemand dat die misdaadprobleem môre opgelos gaan wees nie, maar ons moet aanhoudend ons ontevredenheid op rekord plaas, sodat wanneer ons byvoorbeeld regtig eendag rug styfmaak en begin om ons beveiligingskostes van ons belasting af te trek, daar reeds ‘n goeie saak op die tafel lê.
Friday, 14 May 2010
Boer en leer in Afrikaans
Afrikaanse studente ken die begrip “massa” – dit is wanneer studente almal uit die klas uit loop wanneer die dosent laat is. Die begrip “staak” is egter baie vreemd in ons studentekultuur. Dit is eintlik tragies dat studente aan die Grootfontein Landboukollege so ver moes gaan om te staak om gehoor te word oor hulle taalregte. Ons hoop die oorwinning is permanent en nie net ‘n leë belofte van die Departement van Landbou op papier dat hulle nie Afrikaans sal afskaf nie. Maar kom ons kyk ‘n bietjie na die groter prentjie:
Hoe nader ‘n verkiesing kom, hoe belangriker word die handhawing van die ander tien amptelike tale se status. Skielik praat ministers wat voorheen nooit ‘n woord in Afrikaans gesprak het nie, met wisselende mates van vermoë die taal op TV.
Verder van ‘n verkiesing, en Afrikaans moet hom na die grondwethof wend om die regering se onwillige agterent in rat te kry om ‘n taalwet, wat die grondwet vereis, op die wetboek te kry. Dit was nie soseer die draling met die wet wat gepla het nie, maar wel die regering se repliek op die hofaansoek, naamlik dat Afrikaans self vir sy gebruiksagteruitgang en juridiese onderploeging verantwoordelik gehou word.
Maar maak Afrikaanssprekendes hul stem bietjie dik, al is dit om vanuit ‘n gewoonlik uiters gematigde oord ‘n briek aan te draai met die aftakeling van Afrikaans soos by Maties, dan is dit nie lank nie of ‘n minister of twee spring iewers woedend op en pak uit oor diegene wat transformasie in die wiele ry. Soms word dit blatant gestel dat die aandrang op ‘n regverdige aandeel vir Afrikaans deur baie mense as ‘n politieke daad van aggressie teen hulle vertolk word.
Dit bly bietjie ironies dat in ‘n land waar die meerderheid se woord wet is, dat dit niks tel dat die meeste studente by die landboukolleges Afrikaans is nie. Die stryd vir Afrikaans by die Potchefstroomse Landboukollege is ook nog aan die gang.
Die les is dat groot waaksaamheid aan die dag gelê moet word, en dat elke daad van Milnerisme van die kleinste en laagste vlak, tot die hoogste vlak, aangespreek moet word. Geen steen mag onaangeroer gelaat word nie.
Elkeen kan sy deeltjie doen.
Die feit dat Afrikaans van die nuwe gedrukte note verwyder is, beteken nie Afrikaanssprekendes se koopkrag is opeens daarmee heen nie. Laat jou geld praat of maak jou stem dik as ‘n instansie aan wie jy moet geld oorbetaal nie jou taal respekteer nie.
Soos byvoorbeeld die kollege of universiteit waar jou kind studeer. Dit gaan oor meer as net jongmense se akademiese prestasies wat oneindig makliker in ‘n moedertaal is. Dit gaan oor Afrikaans as sogenaamde hoër funksie-taal, met ander woorde as taal wat rats genoeg is om tot op die hoogste akademiese vlak gebruik te word. Wat vaktaal betref, raak dit al moeiliker om Afrikaanse inligtingsbronne te bekom. Elke klas waar Afrikaanse studente deur middel van Engels onderrig word, maak dit makliker om Afrikaans terug te stuur kombuis toe.
Laat ons wakker wees en optree.
Monday, 10 May 2010
Die regbank
Opposisiepartye, regspraktisyns en die regbank het die voorstelle sterk gekritiseer. Dit sou onder andere beteken het dat die minister van justisie die finale sê oor die howe se administrasie en begrotings sou kry.
Die nuwe wetsontwerp wat pas deur die kabinet goedgekeur is, beteken eintlik dat die status quo behou word. Die onafhanklikheid van die regbank word erken en die grondwetlike hof is die hoogste gesag in die land.
Dit klink alles pragtig, want regters is immers geleerde mense wat nie politieke ideologie gebruik as grondslag vir besluitneming nie. Hulle berus mos hulle besluite op die wette van die land en veral die grondwet.
Maar, is dit so pragtig as wat dit klink?
Sedert 1994 is Suid-Afrika amptelik ‘n regstaat. Baie mense, ook die Afrikaanse grondwetonderhandelaars het dit as ‘n outomatiese beskermingsmaatreël beskou. Met ‘n fantastiese handves vir menseregte word elke persoon se reg op lewe, veiligheid, godsdiensvryheid, spraakvryheid en assosiasie mos immers gewaarborg.
Maar kom ons kyk wat het in die praktyk gebeur en wat gaan in die toekoms gebeur:
Eerstens staan die regbank nie los van politieke invloed nie. Dit is politici wat besluit oor die aanstelling van regters en wat as eerste vereiste die sogenaamde transformasie van die regbank stel.
Dit is ook politici wat die wette van die land maak en nie noodwendig kundige mense wat regsbeginsels handhaaf nie – eintlik maar net die ANC meerderheid in die parlement. En weer eens val die hoofklem van al die wette en wetswysigings op transformasie en natuurlik die invoering van ANC/SAKP-beleid.
En dan is daar die wonderlike grondwet wat selfs voorsiening maak vir bepaalde vlakke van selfbeskikking en natuurlik al die ander persoonlike waarborge soos hierbo uitgespel. Die groot probleem van die grondwet is egter dat al die versekerings ondergeskik is aan die bepalings dat transformasie moet plaasvind ten gunste van die sogenaamd voorheen benadeeldes.
In die regstaat word babas vermoor, hulle het geen reg op lewe nie; word mense aangeval, ondanks die reg op veiligheid; word Afrikaanse skole gedwing om te verengels ondanks al die taalregte en mag ‘n vereniging of klub nie besluit watter kultuurgroep as lede toegelaat word nie, ondanks die reg op vrye assosiasie. Les bes: In die regstaat met sy onafhanklike regsliggame soos die openbare beskermer en die openbare vervolger maak die politici steeds nes hulle wil, soos die staatsleier wat “vergeet” om sy bates te verklaar en dan maar net aangaan.
Dit is goed om die instrumente te gebruik wat die staat ons bied om ons regte af te dwing, solank as wat ons kan, maar ‘n wet oor ‘n onafhanklike regbank bied geen waarborg nie. Ons enigste langtermyn behoud as volk is om uit die bestel te kom en ons eie grondwet te skryf.
Friday, 7 May 2010
Ontnugtering en visie
Tutu was die man wat die sogenaamde Waarheids- en Versoeningskommissie moes lei, om sogenaamde apartheidsmisdade uit te snuffel, en om dan “versoening” te bewerkstellig. Die tranedal van die WVK is deur niemand werklik ernstig opgeneem nie. Afrikaners het in groot getalle die affêre geïgnoreer, en die ANC kon nie daarvan gebruik maak om ‘n soort Neurenberg-vervolging te begin nie.
Tutu het nou erken dat die WVK ‘n mislukking was, juis omdat die wit mense nie genoegsaam daarby betrokke geraak het nie. Met hierdie opmerking erken hy dus dat witmense nodig is vir iets om te slaag.
Verder kla Tutu oor die korrupsie en grypsugtigheid, gebrek aan idealisme, misdaad en plaasmoorde, agteruitgang van dienste. Hy reken naamsveranderinge is vermorsing van energie. Kafferskraal kan dalk verander word, reken hy, maar Pretoria kan maar Pretoria bly.
Uiteindelik kom hy tot die slotsom dat Suid-Afrikaners in die algemeen hulle trots verloor het, en hy erken dit is nie te wyte aan armoede of apartheid nie. Tog word apartheid wel bygetrek as hy sê dat Afrikaners blameer is vir apartheid, maar in wese behoort elke witmens veroordeel te word vir apartheid, want nie net die Afrikaners het voordeel daaruit getrek nie, maar elke witmens.
‘n Mens sou seker nie kon verwag dat Tutu heeltemal teen die ANC en sy praatjies draai nie. Maar as ‘n man wat die wêreld al gesien het, kan hy nie ignoreer dat sy eie mense van die land ‘n gemors maak nie.
Maar waar Tutu sê dat ons dalk ons trots verloor het, maak hy juis die onderskeid tussen die “ons” en die “hulle”. Ons “ons” is die Boere- of Afrikanervolk. Ons het gelukkig nog nie ons trots verloor nie. As ons dit sou verloor het, sou ons lank al ondergeploeg gewees het. Tutu probeer weer die apartheidskuldgevoel so ‘n bietjie opwarm, maar ons is lankal daarby verby. Diegene wat apartheid vir persoonlike voordeel gebruik het, het ook tereg aan die pen gery. As volk hoef ons geen verskoning vir apartheid te maak nie, want dit het die ander volke van Suid-Afrika opgehef, hulle onderrig gegee wat hulle anders nie sou gehad het nie, het hulle etnies uit mekaar gehou dat hulle mekaar nie sou uitgewis het soos wat gebeur het voordat die Boere die binneland ingetrek het nie.
Ons volk hoort nie onder diegene na wie Tutu verwys wat hulle trots verloor het nie. Ten spyte van sestien jaar van ANC-afbrekery, is ons steeds trots op die stede wat ons volk gebou het, die spoorlyne wat gelê is, die paaie wat gebou is, die hospitale, skole en kerke wat gebou is, die ekonomie wat ontwikkel is.
As Boere- of Afrikanervolk is ons steeds trots op ‘n Van Riebeeck wat uit niks met iets begin het. Ons is trots op ons voorouers wat onderdrukkers kon verlaat, en die woeste binneland van Suid-Afrika in onsekerheid binnegegaan het, om daar te bou en te ontwikkel en twee wêrelderkende modelrepublieke kon bou. Ons is trots op ons voorouers se welslae by Majuba, maar ook is ons trots hulle wat die magtige Britse ryk die oorlog aangesê het en die hoogste offers daarvoor gebring het. Ons is trots daarop dat ons ‘n Volkskas kon bou, Federale Volksbelegging, dat ons petrol uit steenkool kon maak, en dat ons die staalreus Yskor kon bou. Ten spyte van verraad wat dit alles uit ons hande laat gaan het, bou ons weer daaraan, en is ons trots om deel en betrokke te wees by ons volk se ekonomiese en kulturele heropbou. En bowenal is ons trots om kinders genoem te kan word van die Lewende God van Bloedrivier, wat ons weer tot hoogtes sal neem as ons na Sy weë terugkeer en daar bly. En omdat ons juis hierdie trots het en koester, sal dit ons motiveer om weer ‘n vrye volk te word, waar al die wanfunksies waarna Tutu verwys, eenvoudig nie sal voorkom nie.
Thursday, 29 April 2010
Alles bly dieselfde, maar niks is onomkeerbaar
Daar is jarelank al planne om sogenaamde geïntegreerde woongebiede te skep. Die plan was om armer swartes te vestig in laekoste huise, wat opgerig word in parke en oop stukke grond in meer gegoede en tradisioneel blanke woongebiede. Zuma het hiervoor die deur nou weer wawyd oopgemaak.
Eweso is daar die deurlopende valse beskuldiging aan boere dat hulle die grond sou gesteel het en dat daardie grond aan swartes teruggegee moet word. Ook hier laat hulle nie toe dat historiese feite inmeng met hulle politieke ideologie nie.
Dit maak dus nie werklik saak wie as president optree nie: of dit Mandela, Mbeki of Zuma is, almal staan onder die ANC en Kommunistiese ideologie, en almal word gerig volgens hulle Freedom Charter. Ons sal dus baie naïef wees om te glo dat enige ANC-regering, ongeag wie sy president is, en ongeag wie watter kabinetsposisie beklee, dalk beter kan wees as die vorige. Die Zuma-bewind begin nou, nadat hy homself ‘n jaar lank geposisioneer het en sy regte mense in die regte poste aangestel het, sy ware kleur te wys, en dis beslis nie wit nie.
Dit is natuurlik die negatiewe kant. Daar is egter ook ‘n positiewe kant. Dit is die wêreldwye opkoms van volksnasionalisme, wat ons ook onder ons volk weer sien opvlam het veral na die moord op meneer Eugene Terre’Blanche. In Brittanje is die regering van premier Gordon Brown van die Arbeidersparty, in sy doodsnikke. Die invloei van vreemdelinge uit Oos-Europa is vir baie Engelse kommerwekkend, en hulle gaan waarskynlik méér regs en volksnasionalisties stem. Die Belgiese regering het die week tot ‘n val gekom, omdat die konflik tussen Nederlandssprekende Vlaminge en Franssprekende Wale rondom die hoofstad Brussel nie opgelos is nie. Ten spyte van persoonlike skandale rondom die Italiaanse eerste minister, Berlusconi, het sy nasionalistiese party staande gebly en talle aanslae van linkse opponente oorleef.
Wat is die groot rede hiervoor? In die eerste plek het die massa-media sy groot greep op die publiek begin verloor. Sedert die koms van moderne inligtingstegnologie, soos die Internet, is mense nie meer net aangewese op wat die sogenaamde hoofstroommedia hulle voordis nie. Tans word die media nog suiwer vir nuus gebruik, maar ook in Suid-Afrika sien ons dat die media besig is om sy houvas op die publiek begin verloor. Inligting, en spesifiek korrekte en volledige inligting, is nou vir almal toeganklik.
Tweedens kan volksnasionalisme nie geïgnoreer word nie. Die hunkering na die eie identiteit, en die liefde vir eie taal en kultuur, leef by enige normale mens. Slegs die ver afgedwaaldes sal dit wil ignoreer of ontken, dikwels met ontnugtering in hulle latere lewe.
Dit is hierdie twee faktore wat verseker dat politiek dinamies bly. Dit beteken ook dat niks onomkeerbaar is nie, al het FW de Klerk onomkeerbaarheid belowe. Die ANC bly by sy uitgediende kommunistiese beleid. Maar nasionalisme, daarteenoor, is wêreldwyd aan die opvlam, ook onder ons Boere- of Afrikanervolk.
Daarom hoef ons nie moedeloos te raak as ons kyk na die vyand se oormag voor ons nie. Ons het eerstens God aan ons kant, as ons werklik terugkeer na Sy insettinge en verordeninge, en as verootmoedigde volk leef. Maar ons het die gemeenskaplike strewe na vryheid ook, wat sterker is as enige onderdrukker. Die wêreldgeskiedenis is vol van sodanige voorbeelde. Maar die ANC sit met sy interne probleme van verdeeldheid, soos nou weer blyk na die bedanking van Jesse Duarte uit die Presidensie, na spanning. En die SAKP en Cosatu begin ook al grom na die ANC. Enigiets kan daaruit gebeur, en kan vir ons geleenthede skep, as ons reg is om dit te kan benut. En die tekens word al hoe duideliker dat ons onsself begin regkry!
Watter Malema kies jy?
Dit is duidelik nie nodig om slim te wees op skool om polities slinks te wees nie. Malema kon immers leer by een van die beste politieke oorlewers van alle tye, Jacob Zuma. Nou is die student besig om sy leermeester uit daag.
Kom ons kyk na die hele patroon, die ontwikkeling van 'n politieke loopbaan wat heel waarskynlik presidentskap as einddoel het.
Eers is daar gewerk aan sy plaaslike gewildheid. Dit is gedoen deur werklik op die grondvlak, by jeugbyeenkomste en enige ander plek waar gefrustreerde, waarskynlik werklose, jeugdiges bymekaar is, na vore te tree as vreeslose leier.
Die, nou oorbekende, sogenaamde “struggle”-liedjie waarvan min mense vroeër gehoor het, is berekend gebruik om nie net op die gewildheidsleer te vorder nie, maar om ook 'n gemeenskaplike vyand vir die opruibare jeug te vind, naamlik witmense en veral die boere.
Hierin het hy die media meesterlik hanteer. Die media was vasgevang in 'n situasie dat hulle nie die nuuswaarde van die uitdagende houding kon ignoreer nie, al was hulle deeglik bewus van die status wat aan Malema gegee word.
Malema het sy doel bereik om 'n huishoudelike naam in Suid-Afrika te word. Hy was al in elke koerant op die voorblad en sy gesig sal vir altyd op verkiesingsplakkate en t-hemde herken word.
Die volgende stap moet noodwendig wees dat die leierskap van die ANC uitgedaag word. Dit sien ons in sy uitsprake teen ANC-beleid oor byvoorbeeld die nasionalisering van myne en natuurlik in die traagheid van die ANC om hom tot orde te roep oor sy opruiende liedjies en uitsprake.
Nou is daar die buitelandse besoeke aan sosialisties/kommunistiese lande. Ons het al vantevore verwys na die Nasionaal Demokratiese Rewolusie in Suid-Afrika wat nog nie volvoer is nie. Die besoeke aan lande soos Zimbabwe, Venezuela, Kuba en moontlik Sjina is deel van die rewolusie.
Dit word beskryf as studiereise, maar dit is natuurlik veel meer as dit.
Ons is seker dat Malema al alles oor nasionalisering in sy voorgangers se kommunistiese handboeke gelees het. Hy is ook deeglik bewus daarvan dat selfs die SA Kommuniste Party blatante nasionalisering van myne afgeskiet het.
Die besoeke is deel van sy uitdaging aan die ANC-leierskap en om homself te vestig as leier in eie reg. Daarby brei hy ook sy ondersteuningsbasis uit deur die ANC se ou “struggle”-vriende aan sy kant te kry. Daar is ook hardnekkige gerugte oor kaders wat in hierdie lande bymekaar gemaak word vir die voortgesette rewolusie in Suid-Afrika.
Daar is nie veel wat ons aan hierdie groeiende gevaar kan doen, behalwe om die waarheid so hard en duidelik as moontlik te verkondig nie, en om nog net meer gesteld te wees op ons eie veiligheid en die skep van netwerke vir beskerming.
Thursday, 22 April 2010
Waarvoor belasting betaal?
Die parlement is juis die land se hoogste liggaam, wat moet toesien dat die land ordelik bestuur word, en dat die landsburgers in vrede EN veiligheid leef. Heel duidelikheid is daar van beide nie veel oor nie. Volgens die getuienis van talle motoriste wat gister in en om Pretoria geteister en gedreig is deur stakende minibus-taxi-eienaars, was daar geen sprake van vrede of veiligheid nie. En met sowat twee duisend boere wat al op hulle plase vermoor is in ongeveer twaalf duisend plaasaanvalle, is daar geen sprake van veiligheid nie. As boere dan daardie onrusbarende feit onder die aandag van die owerhede bring, word hulle afgelag.
Die ANC-bewind kla dat boere nie by die plaasvervanger van die kommandostelsel, naamlik die sektor polisiëring, betrokke raak nie. Eerstens kan boere net betrokke raak by iets wat werk, en waar hulle verwelkom word as deel van die oplossing, en waar hulle nie as die probleem uitgekryt word nie. Talle boere was bereid om reserviste te word, maar aansoeke vir reserviste is of nie aanvaar nie, of het weggeraak, of is eenvoudig nie verwerk en afgehandel nie.
Die ANC het weer eens met beskuldigings gekom dat boere hulle plaaswerkers mishandel en onwettige immigrante gevange hou. Die feit is egter dat boere en hulle arbeiders erg op mekaar aangewese is, en daarom is daar tussen hulle oor dekades heen juis besonder goeie verhoudinge opgebou. Dit is egter sedert die inmenging van vakbonde, veral op die jonger garde, dat hierdie verhoudinge versuur het. Maar weer eens kom die ANC met algemeenhede en vaaghede, en lê geen enkele bewys neer om dit te staaf nie. En weer eens gaan die boodskap na plaaswerkers uit dat hier deur die bewindhebbers by voorbaat ‘n regverdiging geskep word vir wat ook al kan gebeur.
Die feit is dat die ANC-regering geen verantwoordelikheid vir enigiets aanvaar nie, nie eens vir die plig wat sy eie Grondwet hom oplê om toe te sien dat elke landsburger in vrede en veiligheid kan werk nie. Maar daardie selfde ANC-lede wat boere nou uitskel en in `n swak lig probeer stel, wil wel elke aand met ‘n vol maag in die bed klim, voorsien met kos wat daardie selfde boer vir hom moet produseer. En verder moet die boere maar sien kom klaar. Hy betaal net soveel belasting as enige ander landsburger. Maar hy kry daarvoor net mooi niks nie, behalwe stank vir dank. Waarom sal boere nog belasting betaal, is die vraag wat onwillekeurig ontstaan?
As die arbeiders dan so sleg behandel word, waarom gaan hulle dan nie weg by die boer nie? Waarom gaan staan hulle dan nie by hulle wonderlike regering bakhand nie, in die toue vir maatskaplike- en werkloosheidstoelaes? Want hulle wéét die boere sorg beter vir hulle as hulle eie regering! TLU SA het al aan die hand gedoen dat boere maar moet kyk na meganisering of ander arbeid om sodoende van hierdie probleme ontslae te raak. Dan moet die ANC nie tjank nie, want hy krap gedurig waar dit nie jeuk nie.
As landbou-unies dan selektief genooi word om die portefeuljekomitee in te lig oor hulle probleme (in die geval waarna ons verwys was Agri SA daar, terwyl TLU SA nie genooi is nie) en hulle word uitgelag en verneder, word dit duidelik dat daardie kanaal ook geen opsie meer is nie. Dalk moet boere tog weer begin kyk na moontlikhede van voedsel- en belastingweerhouding. Maar ook dit kan net ‘n tydelike maatreël wees.
Solank ook die boere onder ‘n volksvreemde en volksvyandige bewind staan, sal hierdie probleme bly voortduur. Uiteindelik sal ook die boere die beste daaraan toe wees in ‘n eie land, onder ‘n eie republikeinse regering wat besef wat die waarde van die boere en hulle bydrae tot voedselsekerheid is.
Wednesday, 21 April 2010
Ras, rassisme en vanselfsprekende feite
‘n Mens kan jouself dalk oortuig dat daar diegene is wat eerlike en edele bedoelings het om rassisme te laat verdwyn. In die openbare media is rassisme egter meesal net die verskoning vir Afrikanervyandigheid.
Die feit dat die interne struwelinge in die ANC sterk etnies-gedrewe is, word verswyg. Dít, sê die media, is ANC-huismoles en buitendien behoort Zoeloes en Xhosas aan dieselfde ras. Rassisme is blankes wat nie wil aanvaar dat swartes die land kan regeer en dit inderdaad doen nie! Om terug te hunker, of erger nog, uit te sien, na blanke selfregering, is growwe rassisme.
Die regering se beleid van diskriminasie teen blankes, word nie naastenby so skerp deur die openbare media veroordeel nie. Hulle reken skynbaar hulle hou die balans deur rassisme tirades op Malema uit te stort. Só val hulle mos die euwel uit alle rigtings aan en die Afrikanerlesers behoort darem nie te voel hulle is altyd aan die ontvangkant nie.
Dat rassisme aan die oplaai is, is geen verrassing nie. Die kultuurverskille tussen mense loop ook duidelik op die rasseskeidslyn. Kultuur is meer as taal, kookkuns, danspassies en rituele. In Suid-Afrika wys kultuurverskille duidelik in die aanvaarding van verantwoordelikheid, voorsiening vir die toekoms, produktiwiteit, en integriteit. Dit is eintlik die maghebbers se manier om deur regeringsoptrede die welvaart in te palm sonder om daarvoor te werk, wat blankes die harnas in jaag.
Die inslaan van die Afrika-roete, wat die een na die ander staat oor die afgrond van magsvergryp, geweld en anargie laat stort het, móét mos die nugterdenkende Afrikaner na die bekende alternatief van selfregering laat kyk.
As daar ooit ‘n tyd was om die Europese model na te volg, is dit nou. Die vooruitgang van daardie volkere, staatkundig van mekaar se kultuurverskille geskei, hoef nie eers beredeneer te word nie. Die Duitsers en die Oostenrykers bedryf elk hulle eie universiteite en stel rektore aan op meriete, kies hulle eie spanne sonder kwotaspelers en stel hulle eie regerings aan, sonder ‘n soustrein. Albei volke praat Duits en het tipiese germaanse raseienskappe. Die Duits-Oostenrykse kultuurverskil is waarskynlik kleiner as die Zoeloe-Xhosa kultuurverskil.
Onweerstaanbare magsug, simptomaties van die Afrikamislukkings, dwing egter soveel moontlik onder een maghebber in. Mugabe huiwer nie eers om sy politieke invloed met weermaggeweld af te dwing nie.
Dat die ANC weinig kritiek het teen hulle “struggle”-vriend Mugabe se optrede, is logies. Dat daar van Afrikaners verwag om voor te gee dat ras geen rol speel in die negatiewe wat ons daagliks uit ons staatkundige opset ervaar nie, is sotheid.
As die erkenning van rasverskille deel vorm van logika, dan is dit nou maar eenmaal so en as die keiser kaal is, moet iemand dit een of ander tyd sê!
Monday, 19 April 2010
Afrikaans in ver-linkse politiek getrek
Die eerste was die jaarlikse Veertjie-toekennings van die ATKV, waar persoonlikhede in die Afrikaanstalige media vereer is. Soos gewoonlik was dit die tradisionele mediagroepe soos Media 24 en SAUK wat met feitlik alle toekennings weggestap het. Tydens van die kommentare wat van die pryswenners na die tyd gelewer het, het enige spreker van algemeen beskaafde en suiwer Afrikaans homself die vraag gevra hoe so ‘n persoon so ‘n toekenning kon kry, want die gebrabbel wat in sommige gevalle gehoor is, het wel bepaalde herkenbare Afrikaanse woorde voortgebring, maar dit was so deurspek met ander volksvreemde klanke, dat dit in geheel tog nie meer as Afrikaans beskryf kan word nie.
Skynbaar het die ATKV ook nog nie kennis geneem nie van die talle gemeenskapsradiostasies wat dit juis ten doel stel om Afrikaans in sy suiwere vorm te beskerm en te bevorder. Wat moeite doen om selfs nuwe Afrikaanse woorde te vind sodat ons taal verryk word met nuutskeppings, en nie vervlak deur die klakkelose oorname van volksvreemde woorde, terme en slagspreuke ter wille van gemak of politieke korrektheid nie.
Daarenteen was die funksie van die sogenaamde Forum vir Swart Afrikaanses in die Kaap gekenmerk deur uitstekende grammatikale taalgebruik, alhoewel dit duidelik hoorbaar was dat daardie Swart Afrikaanses Afrikaans nie as normale spreektaal besig nie. Trouens, baie van hulle praat Afrikaans nie tuis nie. Ons het geen rede om te vermoed dat die ANC se Trevor Manuel tuis in Afrikaans kommunikeer met sy Maria Ramos nie.
Heel duidelik is hier ‘n poging om Afrikaans vierkantig in die ANC se ver-linkse politieke arena in te trek, en om juis nou, in ‘n tyd van rasse verdeeldheid, ‘n nuwe kunsmatige brug te bou, naamlik deur die taal.
Die feit dat die forum die naam “Swart” in sy opskrif het, wys dat hulle nie besig is met sogenaamde nasiebou of versoening nie. Nee, soos hulle ons plek- en straatname van ons geroof het, is hier ‘n duidelike poging om ook ons mooie Afrikaanse taal van ons weg te roof, en dit onder ‘n swart en ver-linkse sambreel te plaas.
Ons het mos al gesien wat beteken die woord “swart” in ANC-terme? Swart ekonomiese bemagtiging, beteken diskriminasie teen bekwame blanke werkers. Die Swart regslui vereniging, is hatig teen blanke regslui. Die swart redakteursforum, probeer so ver moontlik afstand hou van blanke joernaliste, en so kan ons maar al die swart instansies en forums opnoem. Daarom verwag ons presies dieselfde optrede van die Forum vir Swart Afrikaanses.
Ons sal egter moet waak dat ons nie in hulle strik gaan trap, en ter wille van die Afrikaanse taal, ons gaan laat insluk by hulle swart nasieboupogings nie. Hulle sê juis dat Afrikaans nou versoening gaan bewerkstellig. Die feit dat hulle Afrikaans praat, maak nie van hulle Afrikaners nie. Die Afrikaanse taal het uit die Boere- of Afrikanervolk ontstaan, en is deur daardie volk ontwikkel tot wetenskaps- en akademiese taal. Dit is juis die Afrikanervolk wat vandag die taalvegters is teen die Engelse alleenoorheersing in ‘n sogenaamde meertalige land. Nie alle sprekers van ‘n taal kan dadelik aanspraak maak op volkskap van die eienaar van die taal nie. In Europa praat baie mense Duits, maar nie almal is Duitsers nie. Baie van ons mense praat Zoeloe, maar is daarom nie Zoeloes nie. Daarom is die Forum vir Swart Afrikaanses hoegenaamd nie verbindbaar met die Afrikanervolk nie. Hulle poog om ons taal van ons te vervreem en te beroof, hulle is nie Afrikaans moedertaalsprekers nie, is baie naby aan die ANC geposisioneer, en daarom nie ons vriende nie, maar waarskynlik taalwolwe in skaapsgewaad wat die taal in die ver-linkse politieke arena wil trek, en verkieslik ons daarmee saam. Laat ons dus maar lig loop en ons nie laat flous deur hulle netjiese taalgebruik nie.
Laat dit ons eerder aanspoor om ons taal nog meer suiwer te hou.